Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Volstruis (Struthio camelus)
Volstruis [boodskap #124464] So, 20 Januarie 2019 06:40
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Volstruise in die veld.
Volstruise in die veld.
Die Volstruis (Struthio camelus) is 'n inheemse voël wat verantwoordelik is vir ’n belangrike bedryf in die land. Van die vyf plaaslike soorte is die oorheersende die Suidelike volstruis. Van die vroegste dae van blanke beskawing af is volstruise om hulle pluime vir die Europese mark gejag. Teen 1860 was hulle getalle so uitgedun dat verskeie boere probeer het om hulle mak te maak. Die vroegste poging bekend was in 1853. In 1865 was daar reeds 80 volstruise op plase en 17,522 pond vere ter waarde van £65,736 is uitgevoer. Daarna het die bedryf snel ontwikkel en was dit gekonsentreer in die omgewing van Graaff-Reinet en in Oos-Kaapland. Groot winste is gemaak en daar is tot £1,000 vir ’n paar teelvolstruise betaal. Die eerste groot oplewing in die volstruismark het in 1880 begin en tot omstreeks 1885 geduur. ’n Selfs groter oplewing het van 1910 tot 1913 ingetree toe vere ter waarde van sowat £3,000,000 van 746,736 volstruise (feitlik almal in Kaapland) uitgevoer is.

Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog het die mark ineengestort en die bedryf het nooit weer heeltemal herstel nie. Die meeste van die voëls is toe geslag vir volstruisleer in plaas van hulle vere. In later jare was daar ’n geleidelike oplewing, maar die sowat 50,000 volstruise wat oorgebly het, produseer minder as 100,000 pond vere jaarliks. Byna al die volstruise is in die distrik Oudtshoorn. Die ontwikkeling van die bedryf was grootliks verantwoordelik vir die intensiewe boerderypraktyke in dié deel van die land.

Die volstruis is ’n eienaardige voël in die opsig dat sy vliegapparaat (vlerke, kielvormige borsbeen en spiere) so oorbodig is dat dit byna verdwyn het. Die borsbeen, byvoorbeeld, is plat, anders as ander nie-vlieënde voëls soos die papegaai. Om daarvoor te vergoed het die volstruis spoed en krag ontwikkel. Die vere word net van die mannetjies verkry. In die Kalahari en die Bosveld word daar nog ’n paar wilde volstruise aangetref. Sien Voëls.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Volschenck, Jan Ernst Abraham
Volgende onderwerp: Von Lettow-Vorbeck, Generaal Paul Emil
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:29:11 MGT 2024