Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Volksrus
Volksrus [boodskap #124460] So, 20 Januarie 2019 06:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Volksrus is 'n dorp in Oos-Transvaal, naby die Natalse grens; in 1885 gestig en so genoem omdat die Boerevolk in 1881 op die oorspronklike plaas, Llanwarne, gaan rus het ná die slag van Amajuba. Die dorp was die toneel van belangrike samesprekings tussen lord Loch en president Kruger wat gehou is in ’n spoorwegwa wat halfpad oor die grens geparkeer was. Vandag is Volksrus ’n melkboerderysentrum met ’n algemene landbou-agtergrond. Daar word soms skertsend na die dorp verwys as ‘Wonderlike Volksrus’ as gevolg van baie stories oor rekord koolkoppe, ens., wat daar gekweek word. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 8,096 (3,776 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Volkslied
Volgende onderwerp: Volkstem, Die
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:28:13 MGT 2024