Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Volkskas
Volkskas [boodskap #124457] Sa, 19 Januarie 2019 20:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Volkskas was 'n handelsbank wat op 1 Februarie 1935 deur Joseph Jacobus Bosman en ’n klein groep Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners in Pretoria gestig is. Die oorspronklike doel was om die arm Afrikaners na die depressie te help. Dit het later takke dwarsdeur die land gehad en was op 'n tyd die derde grootste bank in die Republiek. In die vroeë 1990’s is die Geamalgameerde Banke van Suid-Afrika (ABSA) gestig, waarin Volkskas en ander groepe opgeneem is. Dit is gevolg deur 'n oorname van die Bankorp-Groep in 1992. In 1998 is die Volkskas, United, Allied en TrustBank tot een handelsnaam saamgesmelt.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Volksblad, Die
Volgende onderwerp: Volkslied
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:35:47 MGT 2024