Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vloot
Vloot [boodskap #124452] Sa, 19 Januarie 2019 18:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die vernietiging van die Franse vloot op 18 Desember 1793 by Toulon.
Die vernietiging van die Franse vloot op 18 Desember 1793 by Toulon.
'n Vloot is 'n groot groep skepe of bote. Die woord word ook soms gebruik om na 'n groep van ander voertuie te verwys, soos motorvoertuie, trokke en vliegtuie.

Die eerste stap tot die skepping van ’n eie skeepvaarttradisie in Suid-Afrika was die stigting van die Natal Naval Volunteers in 1885 in Durban deur die Natalse Koloniale Regering. Dit het onder bevel gestaan van Harry Escombe. In 1905 is die Royal Naval Volunteer Reserve in Kaapstad gestig en in 1913 het die twee saamgesmelt in ’n Suid-Afrikaanse afdeling van die Britse vloot. Dit het tydens die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen en baie van sy lede is oorgeplaas na die Britse vloot.

Hoewel individuele Suid-Afrikaners buitengewoon goed gevaar het in die buiteland waar verskeie, onder andere admiraal sir Neville Syfret en onder-admiraal V.B. Molteno, ’n hoë rang beklee het, is die behoefte gevoel aan ’n kenmerkender plaaslike organisasie en in 1922 het die Suid-Afrikaanse Vlootdiens tot stand gekom. Sy oorspronklike skepe was die H.M.S. Protea, ’n opnameskip, die Immortelle en Sonnebloem, wat deur die Admiraliteit geskenk is. Meer geriewe vir opleiding is beskikbaar gestel met die verskaffing van die opleidingsvaartuig, Generaal Botha.

Weens ekonomiese redes is die Suid-Afrikaanse Vlootdiens in 1934 tot niet gemaak en dit was eers in 1939 dat die Suid-Afrikaanse Seeweermag onder bedreiging van die Tweede Wêreldoorlog gestig is. In 1942 smelt dit saam met die Royal Naval Volunteer Reserve en staan bekend as die Suid-Afrikaanse Vlootmagte. Hulle het hulleself in die Middellandse See en elders onderskei met klein skepies wat van hulle vredestydse pligte onttrek is. Na die sluiting van vrede het die Suid-Afrikaanse Vlootdiens, waaraan ook die Seeweermag verbonde was, amptelik die Suid-Afrikaanse Vloot geword en is ’n uitbreidingsprogram goedgekeur. Die oorname van die vloot-skeepswerf in Simonstad deur die Departement van Verdediging van die Unie in 1957 was 'n nuwe aansporing vir uitbreiding en verskeie fregatte, korvette, ens., is verkry. Die Suid-Afrikaanse Vloot het vandag ’n opleidingsgimnasium by Saldanhabaai en behalwe Simonstad ook ’n basis by Salisbury-eiland, Durban. Daar bestaan nog noue samewerking met die Britse vloot.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vloere
Volgende onderwerp: Voël-eilande
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:15:21 MGT 2024