Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vlieënde Vis
Vlieënde Vis [boodskap #124447] Sa, 19 Januarie 2019 17:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Vlieënde Vis is 'n diepseevis wat soms naby die Natalse kus en die Agulhasbank gesien word, maar nie in kouer water nie. Hulle het lang lywe en vergrote borsvinne. Hulle is in der waarheid swewers en hou hulle vinne roerloos in die lug terwyl hulle hulle met 'n stertbeweging onder water aandryf. Hulle sweef so van 200 tot 300 tree. Indien hy van rigting wil verander, moet hy eers in die water duik en dan weer opskiet. (Sien Skipper.) Mens kry sowel die ‘eendekker’ (Exocoetus volitans) 20 cm (8 duim) lank, as die ‘dubbeldekker’ (Cypsilurus cyanopterus) 45 cm (18 duim) lank.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vlieënde Hollander
Volgende onderwerp: Vlieëvanger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:08:41 MGT 2024