Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vlieënde Hollander
Vlieënde Hollander [boodskap #124446] Sa, 19 Januarie 2019 17:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Vlieënde Hollander is 'n beroemde see-legende van die Kaap. Volgens oorlewering het kaptein Hendrik van der Decken in die 17de eeu in ’n stormwind gesweer dat hy om die Kaap die Goeie Hoop sal vaar al duur dit ook tot die Oordeelsdag. Die legende wil hê dat hy nog altyd probeer om om die Kaap te seil. Die Vlieënde Hollander is glo deur baie seevaarders gesien insluitende wyle Koning George V toe hy as adelbors in 1880 op die H.M.S. Bacchante was. Richard Wagner, die Duitse komponis, het dit as tema vir een van sy operas gebruik.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vlermuis
Volgende onderwerp: Vlieënde Vis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:33:25 MGT 2024