Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vlermuis (Chiroptera)
Vlermuis [boodskap #124445] Sa, 19 Januarie 2019 17:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Vlermuise
Vlermuise
Die Vlermuis (Chiroptera) is 'n vlieënde soogdier wat in groot getalle oor die hele wêreld en in Suid-Afrika aangetref word. Hulle slaap in hul duisende in natuurlike grotte of bewoon die solders van huise en kerke. Die groot vrugtevlermuis rig groot skade aan vrugte aan; andersins is vlermuise waardevol in insektebeheer. Vlermuise het net een kleintjie, wat styf aan sy moeder se bors vasklou. Daar is twee hoofverdelings in Suid-Afrika:

(i) Vrugtevlermuise, insluitende die vlieënde vos en die Epoulet-vrugtevlermuis, wat albei 'n vlerkspan van 50 cm (20 duim) het. Die vrugtevlermuis het gladde maaltande om vrugte mee te kou en sowel die duim as die voorvinger van sy pootjies is gekrom. Hulle het nie 'n winterslaap nie. Groot vyande van die boer weens sy geweldige aptyt vir vrugte.

(ii) Die klein insekvretende vlermuis is in teenstelling van groot diens vir die mens. Dit is baie sensitief vir klank, nie net deur sy ore nie, maar ook met behulp van die vlerkweefsel, soos alle vlermuise en deur die delikate haartjies op sy neus. Dit is kosmopolities, maar kom in groot getalle voor in die trope en onder bome. Slaap in winter.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vleimuis
Volgende onderwerp: Vlieënde Hollander
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:41:55 MGT 2024