Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vlakvark (Phacochoerus africanus)
Vlakvark [boodskap #124442] Sa, 19 Januarie 2019 17:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Vlakvark.
'n Vlakvark.
Die Vlakvark (Phacochoerus africanus, voorheen P. aethiopicus) is 'n wilde dier wat in ’n groot gebied van Suidelike Afrika noord van die Oranjerivier, insluitend Natal, die Nasionale Krugerwildtuin, Zimbabwe (Rhodesië), Botswana en Mosambiek aangetref word. Anders as die bosvark verkies die vlakvark betreklike yl beboste gebiede, maar hou ook van modderige grond.

Wat sy gewoontes betref is hy hoofsaaklik soos ’n nagdier en woon in gate in die grond. Volwasse vlakvarke het 'n gemiddelde hoogte van 75 cm en weeg tussen 70 en 100 kg. Hy het twee kenmerkende slagtande wat tot 61 cm lank kan word met groot vratagtige groeisels tussen die tande en onderkant die oë (vandaar die Engelse naam, ‘Wart Hog’). Vlakvarke kan vinnig hardloop, met 'n snelheid tussen 30 en 50 km/h. Wanneer 'n vlakvark weghardloop, hou hy sy stert penorent.

Die sog (wyfie) is drie maande dragtig, waarna sy tot ses kleintjies in November of Desember baar. 'n Vlakvark het 'n moontlike lewensduur van 20 jaar. Hy kan gevaarlik wees wanneer daar op hom jag gemaak word. Die vleis is redelik lekker.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.

Vorige onderwerp: Vlagkwessie
Volgende onderwerp: Vleiloerie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:28:56 MGT 2024