Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vlagkwessie
Vlagkwessie [boodskap #124441] Sa, 19 Januarie 2019 17:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Suid-Afrika se landsvlag van 1928 tot 1994.
Suid-Afrika se landsvlag van 1928 tot 1994.
Die Vlagkwessie was 'n geskil oor die ontwerp van die Unie-vlag. Die kwessie het reeds voor Uniewording ter sprake gekom toe ’n ontwerpkompetisie gehou is, maar die land het ’n gewysigde weergawe van die Rooi Vlag met die Suid-Afrikaanse wapen aanvaar. Generaal J.B.M. Hertzog het as Eerste Minister die saak opnuut aangeroer. Gevoelens het hoog geloop veral omdat daar voorgestel is dat die Union Jack ’n ondergeskikte posisie in die ontwerp sal beklee of dat dit heeltemal uitgeskakel moet word. Die geskil het ’n hele paar jaar geduur en verskeie kommissies is aangestel. Die finale kompromis wat aanvaar is, is gebaseer op die ‘Prinsenvlag’ van Nederland ten tye van die vestiging van die Kaap in 1652 (oranje, wit en blou), met die byvoeging van ’n sentrale ontwerp bestaande uit die Vierkleure van die Transvaal en die Oranje-Vrystaat saam met die Union Jack as simbool van die bydrae van die verskillende bevolkingsgroepe tot die land se geskiedenis. Die finale ontwerp is gedefinieer in die Nasionaliteits- en Vlagwet van 1927.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Visvanger
Volgende onderwerp: Vlakvark
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:01:57 MGT 2024