Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vintcent, Sir Joseph
Vintcent, Sir Joseph [boodskap #124433] Sa, 19 Januarie 2019 17:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Joseph Vintcent was 'n regter van die Hooggeregshof van die destydse Suid-Rhodesië (nou Zimbabwe). In 1861 in Mosselbaai gebore en ontvang opleiding aan die Diocesan College, Charterhouse en Cambridge. In 1885 word hy tot die balie toegelaat, word kroonvervolger in Brits-Betsjoeanaland en in 1894 eerste regter van die Hooggeregshof van Matabeleland. Hy is in 1898 bevorder tot regter van die Hooggeregshof van Suid-Rhodesië en beklee dié pos tot sy dood in 1914.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vink
Volgende onderwerp: Vioolsdrif
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:20:01 MGT 2024