Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Viljoen, Dr. Willem Jacobus
Viljoen, Dr. Willem Jacobus [boodskap #124425] Sa, 19 Januarie 2019 17:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Willem Jacobus Viljoen was 'n opvoedkundige en pionier van die Afrikaanse taal. In 1869 op Richmond, Kaapkolonie, gebore en ontvang sy opleiding in Suid-Afrika, aan die Universiteit van Leyden en in Straatsburg, waar hy ’n tesis geskryf het oor die oorsprong van die Afrikaanse taal. In 1894 word hy aangestel as professor in Moderne Tale aan die Victoria-Kollege, nou die Universiteit van Stellenbosch. Het daar tot 1910 gebly. Van 1897 af was hy een van die vernaamste leiers van die Afrikaanse Taalbond en het hy daartoe bygedra om die spelling van Hollands in Suid-Afrika te vereenvoudig. Saam met Hubertus Elffers was hy mederedakteur van ’n Engels-Hollandse en Hollands-Engelsewoordeboek. In 1910 word hy Direkteur van Onderwys van die Oranje-Vrystaat, gevolg deur ’n soortgelyke aanstelling in 1918 in Kaapland, toe hy ook as vise-kanselier van die Universiteit van Suid-Afrika aangestel is. Die volgende jaar word hy voorsitter van die Naturelle-onderwyskommissie. In 1929 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Viljoen, Jan
Volgende onderwerp: Viljoensdrif
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:13:07 MGT 2024