Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Viljoen, Jan
Viljoen, Jan [boodskap #124424] Sa, 19 Januarie 2019 17:21
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jan Viljoen was 'n Boerepionier en jagter; in 1822 in Oos-Kaapland gebore. In 1848 het hy in die Slag van Boomplaats geveg en hom later naby die huidige dorp Zeerust, Transvaal, gevestig. Hy het baie reise ver die binneland in onderneem en daarop aanspraak gemaak dat hy die Victoria-waterval voor David Livingstone ontdek het. Hoewel dit nog nooit bewys kon word nie, het hy weliswaar diep tot in die binneland deurgedring en het ’n merkwaardige jagrekord gehad. Oorlede in 1904.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Viljoen, Generaal Ben
Volgende onderwerp: Viljoen, Dr. Willem Jacobus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:36:35 MGT 2024