Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Viljoen, Generaal Ben
Viljoen, Generaal Ben [boodskap #124423] Sa, 19 Januarie 2019 17:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Ben Viljoen was 'n Boerevegter tydens de Tweede Vryheidsoorlog. In 1868 in die Kaapkolonie gebore. Hy vestig hom as jong seun in Transvaal, word konstabel op Krugersdorp en in 1896 help hy om die Jameson-invallers aan te keer. Hy het hom in die Tweede Vryheidsoorlog keer op keer onderskei met sy knap kordaatstukke, en het gehelp om die beroemde kanon, ‘Lady Roberts’, te buit, ’n guerilla-oorlog in Transvaal te voer en het uit Britse gevangenskap ontsnap. Uiteindelik is hy gevange geneem en na St. Helena gestuur waar hy sy herinneringe geskryf het. Na die oorlog het hy hom met ’n aantal van sy volgelinge in Meksiko gevestig en is in 1917 in die V.S.A. oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vilakazi, Dr. Benedict
Volgende onderwerp: Viljoen, Jan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:16:40 MGT 2024