Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vilakazi, Dr. Benedict
Vilakazi, Dr. Benedict [boodskap #124422] Sa, 19 Januarie 2019 17:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Benedict Vilakazi (1906-1948) was 'n Zoeloedigter en taalkundige. Hy is uit ’n Protestantse familie in Natal gebore, maar word tot die Rooms-Katolieke geloof bekeer. Hy ontvang opleiding by Mariannhill en kom in ’n groot mate onder die invloed van vader Bernhard Huss. Hy bekwaam hom as onderwyser en in 1930 word hy aangestel as lektor in Zoeloe in die department Bantoestudies aan die Universiteit van die Witwatersrand, die eerste sodanige aanstelling in die land. Hy was ’n bekwame skrywer in Zoeloe en Engels en het in medewerking met dr. C.M. Doke die nuwe Zoeloewoordeboek saamgestel. Hy het ook talle boeke geskryf. Oorlede op 42-jarige ouderdom.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vila de Joao Belo
Volgende onderwerp: Viljoen, Generaal Ben
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:02:06 MGT 2024