Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Victoria-waterval
Victoria-waterval [boodskap #124414] Sa, 19 Januarie 2019 16:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Victoria-waterval is die grootste, hoewel nie die hoogste, waterval in Afrika. In die Zambezirivier, 1,635 myl van Kaapstad af. Hoewel daar beweer is dat die vroeë Boerejagters die waterval reeds gesien het, gaan die eer nog na dr. David Livingstone wat dit op 16 November 1855 "ontdek" het. Die naturellenaam is Mosiatunya, wat "Die Rook wat Donder" beteken. Die Zambezi bokant die waterval is nagenoeg ’n myl breed en stort in ’n reeks kronkelende skeure wat baie myle ver strek.

Die Victoria-waterval is in elke opsig groter as sy Amerikaanse mededinger, die Niagara-waterval. Die Victoria is 347 voet hoog teenoor die Niagara se 158 voet, terwyl die breedte 1,900 jaart is, teenoor die omtrent 800 van die Niagara-waterval. Die Victoria-waterval is nog geheel en al ongerep, en die natuurlike skoonheid is sorgvuldig bewaar. Die vernaamste verdelings van die waterval is: Devil’s Cataract (ook bekend as ‘Leaping Waters’), die Hoofwaterval, die Reënboogwaterval en die Oostelike waterval.

’n Groot hotel is deur die Zimbabwiese (Rhodesiese) Spoorweë daar gebou en in 1966 is ’n dobbelsentrum geopen. Die hele gebied is ’n Nasionale Park. ’n Sekere hoeveelheid krag word vir plaaslike doeleindes gebruik, maar die skema vir voorsiening aan die Witwatersrand is nog nooit ten uitvoer gebring nie. Deur die inisiatief van Cecil John Rhodes is die spoorwegbrug oor die Victoria-waterval binne trefafstand van die stuifwater gebou. Sedert die voltooiing daarvan in 1904 is dié plek in regstreekse verbinding met die buitewêreld.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Victoria-Oos
Volgende onderwerp: Victoria-Wes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:04:50 MGT 2024