Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Victoriakruis (VC)
Victoriakruis [boodskap #124412] Sa, 19 Januarie 2019 16:02
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Victoriakruis (VC; ook Victoria-Kruis gespel) is die hoogste militêre medalje vir dapperheid in die Statebond en voormalige lande van die Britse Ryk. Dit word toegeken vir dapperheid, moed en opofferings wat in die aangesig van die vyand verrig is. Ontvangers mag die letters 'VC' agter hul name gebruik.

Sedert die instelling van die Victoria-kruis in 1856 is talle van hierdie toekenninge in Suidelike Afrika verwerf. Die eerste geleentheid was die slag van Draaibosch in die Kaapse Grensoorlog van 1877 toe dit aan majoor Moore toegeken is.

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog is 13 toekennings deur Suid-Afrikaners ver werf, nl.: kapt. A.W. Beauchamp-Proctor, R.A.F.; kapt. W.A. Bloomfield, S.A. Mounted Brigade; sers. F.C. Booth, Rhodesia Native Regiment; mansk. W.F. Fauls, S.A. Infanterie; luit. R.V. Gorle, Royal Field Artillery; kol. H. Greenwood, Yorkshire Light Infantry; kapt. P.H. Hansen, Lincolnshire Regiment; kapt. R.F.J. Hayward, Wiltshire Regiment; onder-korporaal Hewett, S.A. Infanterie; kapt. A.M. Lascelles, Durham Light Infantry; kapt. O.A. Reid, Liverpool Regiment; kol. J. Sherwood-Kelly, Royal Inniskilling Fusiliers; kol. R.A. West, Tenkkorps.

In die Tweede Wêreldoorlog is Victoriakruis-toekennings gemaak aan: eskader-leier J.R. Nettleton, S.A. Lugmag (1942); sers. Q. Smythe, Royal Natal Carbineers (1942); luit. G.R. Norton, Kaffrarian Rifles (1944); luit. Edwin Swales, S.A. Lugmag (1945) (postuum).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vetplant
Volgende onderwerp: Victoria-Oos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:14:01 MGT 2024