Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vetplant
Vetplant [boodskap #124411] Sa, 19 Januarie 2019 15:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Vetplante
Vetplante
Vetplante is geharde plante wat aangepas is om in droë gebiede te oorleef deur water in hul blare, stingels, stamme of wortels te stoor.

Die woestyn- en half-woestyntoestande van ’n groot deel van Suid-Afrika is geskik vir ’n groot reeks vetplante van alle vorms en groottes. Aan die familie Asclepiadacaea behoort die aasblom (Stapelia) lae, stekelrige, vleesagtige plante met ’n enkele, donker oop trompetblom, asook baie kruipplante met vetplantstamme of blare, soos die hangende kruisblom of melkkruid (Ceropegia) en die skilpadkos of kannetjies (Microloma). Sien Noorsdoring, Suurvy, Lelie, Meloen en Plante.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Verwoerd, Dr. Hendrik Frensch
Volgende onderwerp: Victoriakruis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:03:21 MGT 2024