Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Verwoerd, Dr. Hendrik Frensch
Verwoerd, Dr. Hendrik Frensch [boodskap #124410] Sa, 19 Januarie 2019 15:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Hendrik Frensch Verwoerd was die Eerste Minister van die Republiek van Suid-Afrika. Op 8 September 1901 in Holland gebore. Hy kom as jong kind na Suid-Afrika en ontvang sy opleiding aan die Wynberg Boys’ High School, Milton High School, Bulawayo, en die Universiteit van Stellenbosch. Na verdere studie in Duitsland, Holland en die Verenigde State, word hy in 1927 op Stellenbosch aangestel as professor in Toegepaste Sielkunde. In 1933 skakel hy oor na die leerstoel vir Sosiologie en Maatskaplike Werk. In 1936 organiseer hy die Nasionale Konferensie oor die Armblankevraagstuk op Kimberley. Met die stigting van die koerant Die Transvaler in 1937 word hy redakteur, ’n pos wat hy beklee het tot in 1948 toe die oorwinning van sy Party gelei het tot sy aanstelling as Senator. Van 1950 af was hy Minister van Naturellesake tot 1958 toe hy wyle adv. J.G. Strydom as Eerste Minister opgevolg het. In 1960 het hy mnr. Harold Macmillan, die Britse eerste minister, as sy gas ontvang tydens sy besoek aan Suid-Afrika. In dieselfde jaar is daar ’n aanslag op sy lewe gemaak, en in 1961 het hy die Premierskonferensie in Londen bygewoon, wat gelei het tot Suid-Afrika se uittrede uit die Britse Statebond. Vermoor in die Parlementsgebou, Kaapstad, op 6 September 1966.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vervoer
Volgende onderwerp: Vetplant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:51:32 MGT 2024