Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Verskanste Klousules
Verskanste Klousules [boodskap #124407] Sa, 19 Januarie 2019 13:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Verskanste Klousules is/was 'n regsterm van toepassing op die klousules van die Grondwet van die Unie van Suid-Afrika wat spesiale waarborge bevat (het) teen wysigings deur normale parlementsprosedure. Die Verskanste Klousules vorm Seksie 152 van die Suid-Afrika-Wet van 1909. Dit maak voorsiening vir die kwalifikasies van kiesers, die aantal parlementslede wat die verskillende provinsies moet verteenwoordig en die gelykheid van die Engelse en Afrikaanse taal. Twyfel het in die jongste aantal jare ontstaan oor die wetlike doeltreffendheid van die waarborge in die Verskanste Klousules.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Versfeld, Robert Loftus Owen
Volgende onderwerp: Verulam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:03:44 MGT 2024