Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Versfeld, Robert Loftus Owen
Versfeld, Robert Loftus Owen [boodskap #124406] Sa, 19 Januarie 2019 13:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Robert Loftus Owen Versfeld was 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler en administrateur; in 1862 in Kaapstad gebore. Hy ontvang opleiding aan die Green Point Grammar School, bekwaam hom as prokureur en praktiseer in Oos-Kaapland. In 1890 verhuis hy na Pretoria en speel rugby vir Hamiltons en Transvaal. Van toe af was hy ’n prominente figuur in die spel, en nadat hy in 1897 sy stewels weggepak het, in die administrasie daarvan. Oorlede op 4 Mei 1932. Die vernaamste rugbyveld in Pretoria, die Loftus Versfeldterrein, is na hom vernoem.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Verowerde Grondgebied
Volgende onderwerp: Verskanste Klousules
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:02:30 MGT 2024