Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Verenigde Party
Verenigde Party [boodskap #124399] Sa, 19 Januarie 2019 13:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Verenigde Party was amptelik die Verenigde Suid-Afrikaanse Nasionale Party. In 1934 gestig as gevolg van die koalisie tussen generaal J.B.M. Hertzog en generaal J.C. Smuts, as leier en sy adjunk onderskeidelik. Die stigting was die gevolg van ’n kompromis waarvolgens die voormalige Suid-Afrikaanse Party aan lede van die voormalige Nasionale Party die reg toegestaan het om met hulle propaganda vir ’n Republiek voort te gaan. Hoewel dit goed gesteun is deur sowel Engels- as Afrikaanssprekendes, het dit byna onmiddellik na die terugtrekking van die ‘gesuiwerde’ Nasionale Party, onder wyle dr. D. F. Malan, ’n ernstige terugslag gekry. Die amptelike stigtingsdag van die Verenigde Party is 5 Desember 1934, toe dit oor vier-vyfdes van die setels in die Volksraad beskik het. Met die verloop van jare het die party egter heelwat terugslae beleef en met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het die finale breuk tussen generaal Hertzog en generaal Smuts plaasgevind en laasgenoemde het die leierskap oorgeneem. Die Verenigde Party was aan bewind tot die Algemene Verkiesing van 1948. Sedertdien is dit die belangrikste opposisie. Verskeie groepe, insluitende die Liberales en die Progressiewes het op hulle beurt afgeskei van die Verenigde Party.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Verdediging
Volgende onderwerp: Vergunning
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:12:06 MGT 2024