Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vereeniging
Vereeniging [boodskap #124397] Sa, 19 Januarie 2019 11:49
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Vereeniging is 'n dorp in Suid-Transvaal aan die Vaalrivier. In 1892 gestig en vernoem na die oorspronklike eienaars, die "Suid-Afrikaanse en Oranje Vrijstaatse Kolen en Mineralen Myn Vereeniging". Die naam het niks te doen met die pogings tot politieke vereniging tussen die Suid-Afrikaanse Republiek en die Oranje-Vrystaat nie. Daar is met steenkoolmyne, geborg deur Samuel Marks, begin, en die dorp het gou belangrik geword vanweë sy ligging op die Transvaalse grens. Die voltooiing van die spoorlyn na die Kaap het sy ontwikkeling verder gestimuleer.

In Mei 1902 teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog het Vereeniging wêreldberoemd geword toe die vredesonderhandelings daar plaasgevind het, hoewel die eintlike Vrede van Vereeniging in die huis van mnr. George Heys in Pretoria onderteken is.

In die 20ste eeu het Vereeniging ontwikkel as ’n steenkool-, meul-, teëlvervaardigings- en algemene boerderysentrum. Laasgenoemde is veral aangehelp deur Samuel Marks se groot Maccauvlei-landgoed daar naby. Die stigting van die groot kragstasie van die Victoria and Transvaal Power Co. in 1909 is in 1913 gevolg deur die opening van die eerste groot staalfabriek in Suid-Afrika, nl. die Unie-staalkorporasie. Dit was die begin van Vereeniging as ’n groot nywerheidsentrum. Dit het gelei tot die opening van Stewart and Lloyd’s se pypfabriek en baie ander installasies. Vandag is Vereeniging een van die grootste fabrieksentrums in Suid-Afrika. Afgesien daarvan dat die Vaalrivier daar naby aan die behoeftes van die Rand voorsien, is dit ook ontwikkel as ’n plesieroord. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 88,700 (28,000 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Venterstad
Volgende onderwerp: Verdediging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:41:12 MGT 2024