Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ventersdorp
Ventersdorp [boodskap #124393] Sa, 19 Januarie 2019 11:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ventersdorp is 'n dorp in Wes-Transvaal, aan die Schoonspruit geleë. In 1887 gestig en vernoem na J.H. Venter, die oorspronklike plaaseienaar. Diamante is vroeër in die omgewing gedelf maar in die laaste tyd het nywerhede ontwikkel, insluitend verskeie fabrieke en kalkwerke. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was die dorp van strategiese belang, en die toneel van ’n ontmoeting tussen president M.T. Steyn en generaal Christiaan de Wet. Tydens Joseph Chamberlain se besoek in 1903, het hy generaal Delarey daar ontmoet. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 4,414 (1,566 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ventersburg
Volgende onderwerp: Venterskroon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:51:58 MGT 2024