Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Veld
Veld [boodskap #124385] Sa, 19 Januarie 2019 06:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bokke wat op 'n stuk veld wei.
Bokke wat op 'n stuk veld wei.
Die term Veld is losweg gebruik deur die vroeë setlaars vir plat, oop landskap in Suidelike en Sentraal-Afrika (dikwels in Engels verkeerd gespel, ‘Veldt’).

Dit word ook in ’n geografiese sin gebruik, soos Bosveld, Hoëveld (in Suid-Transvaal), bokant ’n hoogte van 4,000 voet, Middelveld, tussen 2,000 en 4,000 voet en die Laeveld, onderkant 2,000 voet (veral in Transvaal en Swaziland).

In Kaapland word die Roggeveld in die distrik Fraserburg en Sutherland van die noordweste aangetref; Nieuwveld naby Beaufort-Wes; Bokkeveld in die Wes-Karoo wat verdeel word in die Warm en Koue Bokkeveld; Trekveld, noord van Calvinia; Winterveld, tussen Victoria-Wes en Hanover; Middelveld naby Hopetown; Kaapenveld, suid van Prieska; Panneveld, bekend vir sy soutpanne, naby Kenhardt en in Gordonia; Hardeveld aan die weskus in Suid-Namakwaland; Richterveld naby die Oranjeriviermond; Koudeveld naby Graaff-Reinet; Noorsveld naby Jansenville; en Suurveld, vroeër Zuurveld gespel, naby Grahamstad.

In Namibië (Suidwes-Afrika) is die Hukweveld en Kaokoveld.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Veertienstrome
Volgende onderwerp: Velddrif
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:58:45 MGT 2024