Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Veertienstrome
Veertienstrome [boodskap #124384] Sa, 19 Januarie 2019 06:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Veertienstrome is 'n dorp aan die Vaalrivier, naby die Traansvaal-Kaapse grens. Reeds bekend as Veertienstrome in die jare 1880 toe ds. John Mackenzie die naam verduidelik het as afgelei van ’n reeks watervalle in die Vaalrivier in die omgewing. Van die eerste gevegte van die Tweede Vryheidsoorlog het daar plaasgevind. ’n Aantal jare lank was Veertienstrome die eindpunt van die spoorlyn van die Kaap, maar dit is op eie koste deur De Beers Consolidated Mines na Johannesburg verleng. Vir hierdie doel is die Klerksdorp-Fourteen Streams Railway Co. in 1905 gestig, met ’n kapitaal van £200,000 en £800,000 in obligasie. Die spoorlyn is in April 1906 geopen en die maatskappy is in 1911 vir £813,746 onteien.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vatjie
Volgende onderwerp: Veld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:31:18 MGT 2024