Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Nooienshaarvaring (Adiantum capillus veneris)
Nooienshaarvaring [boodskap #124378] Sa, 19 Januarie 2019 05:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Nooienshaarvaring, Venushaarvaring of Vrouehaar (Maidenhair; Adiantum capillus veneris) is 'n meerjarige varing wat aan die Polypodiaceae-familie behoort. Dit is 'n bekende, delikate plant met hartvormige blare aan dun, swart stele. Hou van skadu- of halfskadutoestande en benodig baie water. Gedy in rotsskeure waar water konstant drip; word ook binnenshuis of in hangmandjies gekweek. Die varing word beskerm in die Kaapse kusstreke, so ook die Polystichum adiantiforme of seweweeksvaring, met sy groter lobvormige, geveerde blare. Sien Boomvaring.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van Zyl, Jacobus Wilhelmus
Volgende onderwerp: Varkie, Tjor-Tjor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:49:11 MGT 2024