Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van Wyksdorp (Vanwyksdorp)
Van Wyksdorp [boodskap #124374] Sa, 19 Januarie 2019 05:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Vanwyksdorp (of Van Wyksdorp) is 'n dorp in die Klein Karoo naby Ladismith in die Wes-Kaap. Die dorp is in 1904 as 'n kerkdorpie van die NG Kerk gestig. Daar het destyds meer as 200 Van Wyks in die distrik gewoon (vandaar die naam). Die Neo-Gotiese kerkgebou is op die plaas Buffelsfontein gebou en op 16 Februarie 1908 ingewy. Vanwyksdorp is die hoofdorp van Kannaland, hoewel daar nie 'n enkele teerpad tot op die dorp is nie. Die Assegaaybosch-reservaat lê sowat 10 km buite die dorp. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 600 (480 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van Wouw, Anton
Volgende onderwerp: Vanwyksvlei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:45:45 MGT 2024