Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van Wouw, Anton
Van Wouw, Anton [boodskap #124373] Sa, 19 Januarie 2019 05:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Anton van Wouw was 'n Suid-Afrikaanse beeldhouer. In 1862 naby Utrecht in Holland gebore. Hy was aanvanklik van plan om onderwyser te word, maar dit het gou duidelik geword uit sy besondere kunstalent in watter rigting sy ware loopbaan lê. Hy het beeldhoukuns in Holland en Italië bestudeer voordat hy sy ouers in 1889 na Transvaal gevolg het. Hy kon in Pretoria geen werk as kunstenaar kry nie en het eers in ’n wapensmidswinkel gewerk, maar het kort daarna advertensies begin teken en versierings in gips gemodelleer. Sammy Marks se besluit om ’n monument ter ere van president Kruger op te rig, het aan hom sy eerste kans besorg. Na talle vertragings is dit op Kerkplein, Pretoria, opgerig. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het hy in Holland aan die Kruger-beeld gewerk en is geïnspireer om baie ander pragtige en aandoenlike bronsbeelde te skep, waarmee hy dan ook beroemdheid sou verwerf, soos "Kruger in Ballingskap" en "Slegte Nuus". Hy het ook skitterende beelde oor Bantoe-onderwerpe geskep. Hy word ook onthou deur beelde van beroemde Suid-Afrikaners, insluitende dié van J.H. Hofmeyr in Kaapstad en dié van generaal Louis Botha. In 1945 in Johannesburg oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vanstadensrus
Volgende onderwerp: Van Wyksdorp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:13:04 MGT 2024