Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van Ryneveldpasdam
Van Ryneveldpasdam [boodskap #124371] Sa, 19 Januarie 2019 05:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Van Ryneveldpasdam is 'n groot besproeiingskema aan die Sondagsrivier naby Graaff-Reinet. Bouwerk het in Julie 1920 begin en is ongeveer 3 jaar later voltooi. Die wal is 1,160 voet lank en 106 voet bokant die rivierbedding (141 voet bokant die laagste fondament). Die oorspronklike inhoudsvermoƫ van die dam is aansienlik verminder deur toeslikking en die besproeibare gebied het van 20,000 acres verminder na 7,000, hoofsaaklik onder vrugte en lusem. Die vernaamste nedersetting is op Kendrew, 18 myl daarvandaan.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van Ryneveld, Willem Stephanus
Volgende onderwerp: Vanstadensrus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:32:09 MGT 2024