Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van Ryneveld, Generaal Sir Pierre
Van Ryneveld, Generaal Sir Pierre [boodskap #124369] Vr, 18 Januarie 2019 20:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Sir Pierre van Ryneveld was 'n Suid-Afrikaanse vlieënier en soldaat. Op 2 Mei 1891 in die Oranje-Vrystaat gebore en studeer aan die Grey-Kollege, Bloemfontein. Hy sluit aan by die pasgestigde Unie-Verdedigingsmag en studeer aan die Imperial Staff College in Engeland. In die Eerste Wêreldoorlog veg hy in Frankryk en in die Midde Ooste, eers saam met die Royal North Lancashire Regiment en toe van April 1915 af, met die Royal Flying Corps. Beroemd vir sy historiese vlug in 1920 van Londen oor Kaïro na Kaapstad vergesel van sir C.J. Quinton Brand. (Sien ook Lugvaart). Word direkteur van Lugdienste vir Suid-Afrika in 1920, Kommandant van die Suid-Afrikaanse Militêre Kollege in 1929, en voorsitter van die Burgerlike Lugvaartraad in 1931. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was hy hoof van die Generale Staf onder generaal J.C. Smuts. Hy tree af in Mei 1949 en is in 1972 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van-Riebeeck-Genootskap
Volgende onderwerp: Van Ryneveld, Willem Stephanus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:58:26 MGT 2024