Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van-Riebeeck-Genootskap (Van Riebeeck-genootskap)
Van-Riebeeck-Genootskap [boodskap #124368] Vr, 18 Januarie 2019 20:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Van-Riebeeck-Genootskap is/was 'n organisasie wat in 1918 onder voorsitterskap van wyle John X. Merriman in Kaapstad gestig is "vir die publikasie van Suid-Afrikaanse Historiese Dokumente". Sedertdien het dit jaarliks ’n boekdeel belangrike materiaal, insluitende herdrukke van skaars boeke, gepubliseer. Dit is teen verminderde pryse aan lede verkoop. Met die 300ste herdenking van die landing van Jan van Riebeeck in Tafelbaai het die Genootskap die eerste herdruk van sy dagboek met verklarende aantekeninge asook die Engelse vertaling daarvan uitgegee.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van Riebeeck, Johan
Volgende onderwerp: Van Ryneveld, Generaal Sir Pierre
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:49:20 MGT 2024