Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van Rensburg, Niklaas (Siener van Rensburg)
Van Rensburg, Niklaas [boodskap #124365] Vr, 18 Januarie 2019 20:04
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Niklaas van Rensburg was 'n Boereprofeet en siener. In 1862 naby Ottosdal in Transvaal gebore. Hy het reeds op vroeë leeftyd bekendheid verwerf deur sy gawes as ’n siener. Hy het as burger in verskeie naturelleveldtogte en in die Tweede Vryheidsoorlog geveg. Sy sukses in die voorspelling van bewegings van die vyandelike magte het hom die vertroue van bekwame Boereleiers soos De Wet besorg. Na die vrede het hy hom op sy plaas naby Lichtenburg gevestig, waar hy met sy voorspellings voortgegaan het. Dit was ook van besondere betekenis tydens die politieke krisis wat gepaard gegaan het met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog. Hy het ook ’n aansienlike rol gespeel in die voorbereidsels vir die Rebellie van 1914. Oorlede in 1926.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van Rensburg, C.J. Janse
Volgende onderwerp: Vanrhynsdorp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:07:18 MGT 2024