Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van Reenen, Jacobus
Van Reenen, Jacobus [boodskap #124361] Vr, 18 Januarie 2019 19:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jacobus van Reenen was 'n vroeë Kaapse politieke leier, in 1727 gebore. Hy word ’n boer en in 1778 neem hy namens die "Kaapse Patriote", wat selfregering vir die koloniste geëis het, die leiding om ’n deputasie na Holland te stuur. Aangesien hy ’n welgestelde, voormalige burgerraadgewer was, is hy gevra om die deputasie in 1779 na Amsterdam te vergesel. Hulle het min uitgerig gekry, maar het minstens die eerste stap tot selfbeskikking gedoen.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van Reenen
Volgende onderwerp: Van Reenen, Willem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:51:28 MGT 2024