Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van Pittius, Jan Hendrik Frederik Eduard Rudolf Claudius Gey
Van Pittius, Jan Hendrik Frederik Eduard Rudolf Claudius Gey [boodskap #124359] Vr, 18 Januarie 2019 19:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jan Hendrik Frederik Eduard Rudolf Claudius Gey van Pittius was 'n regter van die Hooggeregshof van Transvaal. In 1879 op Ventersdorp, Transvaal, gebore. Hy ontvang sy opleiding in Pretoria en verwerf in 1906 sy doktorsgraad in die regte in Leyden, Holland. Nadat hy in Brittanje tot die balie toegelaat is, het hy in 1907 in Pretoria begin praktiseer. Hy word gou erken as ’n bekwame advokaat. In 1926 word hy aangestel as regter. Vyf jaar later is hy oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van Niekerk, Gerrit Jacobus
Volgende onderwerp: Van Reenen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:25:03 MGT 2024