Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van Niekerk, Gerrit Jacobus
Van Niekerk, Gerrit Jacobus [boodskap #124358] Vr, 18 Januarie 2019 19:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Gerrit Jacobus van Niekerk was 'n Boere-vrybuiter. Omstreeks 1840 naby Fauresmith, O.V.S., gebore. Vestig hom op die plaas, Kromellenboog, naby die huidige dorp Christiana, in Transvaal, wat nou die sentrum van ’n beroemde besproeiingskema is. Tydens die stamoorloë tussen Mankoroane en Massouw aan die Wes-Transvaalse grens, het hy ’n geselskap vrywilligers byeengebring om laasgenoemde te ondersteun. Uit dankbaarheid het Massouw hom ’n stuk grond present gegee waarop hy in 1883 die miniatuur-republiek van Stellaland gestig het. Later het hy hoof van Polisie in Pretoria geword en is in 1896 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van Hunks, Jan
Volgende onderwerp: Van Pittius, Jan Hendrik Frederik Eduard Rudolf Claudius Gey
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:31:19 MGT 2024