Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van Essche, Maurice
Van Essche, Maurice [boodskap #124356] Vr, 18 Januarie 2019 18:04
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Maurice van Essche was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar. Op 4 Oktober 1906 in Antwerpen, België, gebore en studeer in Parys onder Henri Matisse. In 1939 word hy deur die Belgiese regering na die Kongo gestuur om studies van die stamme daar te skilder. Hy het oral in Europa uitstallings gehou. In 1943 kom hy na Suid-Afrika as lektor in Skone Kunste aan die Witwatersrandse Tegniese Kollege en in 1946 verhuis hy na Kaapstad. In 1952 word hy aangestel as senior lektor in die Skone Kunste aan die Michaelis-skool van die Universiteit van Kaapstad. Sedertdien het hy sy werke gereeld op die Biennale-uitstalling, Venesië, en op ander belangrike oorsese uitstallings vertoon.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van Eck, Dr. Hendrik Johannes
Volgende onderwerp: Van Hunks, Jan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:25:41 MGT 2024