Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van Eck, Dr. Hendrik Johannes
Van Eck, Dr. Hendrik Johannes [boodskap #124355] Vr, 18 Januarie 2019 18:02
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Hendrik Johannes van Eck was 'n Suid-Afrikaanse ingenieur en nyweraar. Op 27 April 1902 naby Kimberley gebore. Hy studeer op Stellenbosch, asook in Duitsland, Leipzig en Charlottenburg (Berlyn) waar hy in chemiese ingenieurswese spesialiseer. Hy sluit aan by die Suid-Afrikaanse Yster en Staal Industriƫle Korporasie (YSKOR) as werkbestuurder. In 1940 met die stigting van die Nywerheid-Ontwikkelingskorporasie was hy een van sy oorspronklike uitvoerende amptenare. Hy het dr. H.J. van der Bijl as voorsitter opgevolg. Onder sy leiding het die N.O.K. groot sukses en aanmerklike voorspoed behaal. In 1965 is hy tot voorsitter van YSKOR benoem en is in 1970 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van Deventer, Luitenant-generaal Sir Louis Jacob
Volgende onderwerp: Van Essche, Maurice
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:21:56 MGT 2024