Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van der Stel, Willem Adriaan
Van der Stel, Willem Adriaan [boodskap #124352] Vr, 18 Januarie 2019 17:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Willem Adriaan van der Stel (meer korrek, Adriaen) was die goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop, oudste seun van Simon van der Stel. In 1664 in Amsterdam gebore en op 15-jarige ouderdom vergesel hy sy vader na die Kaap. Sy eerste pos was dié van kassier vir die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie. Hy het sy vader in 1699 as Goewerneur opgevolg. Hy het vrye teuels gegee aan sy drang na boerdery en het ’n pragtige landgoed, Vergelegen, naby Hottentots-Holland tot stand gebring. Sy grootskeepse boerderybedrywighede en sy persoonlikheid het aanleiding gegee tot klagtes wat uitgeloop het op ’n petisie wat in 1705 deur ’n groep van 63 burgers na Holland gestuur is. Van der Stel het die situasie swak hanteer en Adam Tas en verskeie ander leiers in die tronk gestop. Hy is na Holland teruggeroep om verantwoording te doen. Ten spyte van sy lang geskrewe verdediging, is uitspraak teen hom gegee, Vergelegen is gekonfiskeer en verkoop en hy is uit die diens van die Kompanjie ontslaan. In 1723 in Amsterdam oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van der Stel, Simon
Volgende onderwerp: Van der Walt, Tjaart
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:49:09 MGT 2024