Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van der Stel, Simon
Van der Stel, Simon [boodskap #124351] Vr, 18 Januarie 2019 17:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Simon van der Stel (meer korrek gespel, Symon) was die goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop. Seun van kommandeur Adriaan van der Stel, ’n vooraanstaande amptenaar van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie, en van Maria Lievens, wat gedeeltelik van Maleise oorsprong was. Op 14 Oktober 1639 op Mauritius gebore, en word in 1679 aangestel as Kommandeur aan die Kaap waar hy gou belangstelling in die land getoon het, in ’n meerdere mate as enige van sy voorgangers. Dit het duidelik geblyk uit die stigting van die dorp Stellenbosch in 1680, in die opening van die distrik Drakenstein in 1684, in die prospektering na koper in Namakwaland in 1685, in die daadwerklike hulp verleen aan die Hugenote-setlaars wat in 1688 aangekom het, in sy poging om Natal te koloniseer, in die aanplanting van bome, die wynbedryf en skole, en op talle ander gebiede. In 1691 het die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie hom bevorder tot die rang van Goewerneur uit waardering vir sy werk. In 1692 is by hierdie titel dié van Buitengewone Raadgewer van Indië gevoeg.

Van der Stel het ook tyd gevind om sy pragtige landgoed, Constantia, te ontwikkel. Daar het hy in 1699 afgetree nadat hy ten gunste van sy seun, Willem Adriaan, afstand gedoen het van sy goewerneurskap. In Junie 1712 is hy daar oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van der Stel, Lodewyk
Volgende onderwerp: Van der Stel, Willem Adriaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:31:23 MGT 2024