Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van der Stel, Lodewyk
Van der Stel, Lodewyk [boodskap #124350] Vr, 18 Januarie 2019 17:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lodewyk van der Stel was die seun van goewerneur Simon van der Stel. In 1667 in Amsterdam gebore. In 1685 word hy aangestel as kassier in die Kaap die Goeie Hoop. Hy vergesel sy vader op sy beroemde ontdekkingsreis na Namakwaland. In 1694 vertrek hy na Batavia in die skip, Ridderschap, wat naby Madagaskar verdwyn het. Daar is beweer dat dit deur seerowers oorval en gebuit is. Sy bedroefde vader het jare lank na hom gesoek.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van der Stel, Hendrik
Volgende onderwerp: Van der Stel, Simon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:54:33 MGT 2024