Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van der Post, Kolonel Laurens
Van der Post, Kolonel Laurens [boodskap #124345] Vr, 18 Januarie 2019 17:45
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kolonel Laurens van der Post was 'n Suid-Afrikaanse skrywer. In 1906 in die Oranje-Vrystaat gebore. Hy word joernalis en wend hom geleidelik tot die letterkunde. Sy eerste roman, In a Province, het in 1934 verskyn, maar hy het nie werklik beroemd geword voor na die Tweede Wêreldoorlog nie. Hy het in Abessinië, die Midde Ooste en die Verre Ooste geveg waar hy deur die Japannese gevange geneem is. Venture to the Interior, in 1952 gepubliseer, het ’n internasionale blitsverkoper geword. Dit is gevolg deur Flamingo Feather. Terwyl hy vir die Britse koloniale diens in Betsjoeanaland en elders gewerk het, het hy stof ingesamel wat saamgevat is in The Lost World of the Kalahari, wat in 1958 gepubliseer is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van der Kloof
Volgende onderwerp: Van der Riet, Frederick John Werendly
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:34:43 MGT 2024