Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van der Hoff, Ds. Dirk
Van der Hoff, Ds. Dirk [boodskap #124341] Vr, 18 Januarie 2019 17:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ds. Dirk Van der Hoff was 'n pionier-predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Transvaal. In 1814 in Dordrecht, Holland, gebore. Hy studeer aan die Universiteit van Leyden en word in 1840 predikant. Hy ontmoet professor Lauts, die vroeë vriend van die Boere, en word oorreed om na die Suid-Afrikaanse Republiek te emigreer. Hy kom in 1853 in Potchefstroom aan en word later die eerste predikant in Pretoria. Hy het dié stad se oorspronklike naam, Pretoria-Philadelphia, uitgedink, die Republikeinse vlag ontwerp en baie bygedra tot die stigting van die nuwe staat. In 1881 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vanderbijlpark
Volgende onderwerp: Van der Hum
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:48:32 MGT 2024