Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van der Bijl, Dr. Hendrik Johannes
Van der Bijl, Dr. Hendrik Johannes [boodskap #124339] Vr, 18 Januarie 2019 17:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Hendrik Johannes van der Bijl was 'n Suid-Afrikaanse ingenieur, uitvinder en nyweraar. Op 23 November 1887 in Pretoria gebore. Nadat hy sy opleiding voltooi het op Stellenbosch waar hy in die wetenskap gespesialiseer het, is hy in 1909 na Duitsland en verwerf hy sy doktorsgraad aan die Universiteit van Leipzig in die navorsing van geïoniseerde vloeistowwe. In 1912 word hy lektor in Fisika aan die Tegniese Universiteit in Dresden. In 1913 gaan hy na die Verenigde State as navorsingsfisikus vir die American Telephone and Telegraph Company en die Western Electric Company. Tydens sy verblyf in Amerika was hy gedeeltelik verantwoordelik vir die installasie van die eerste transkontinentale telefoonverbinding oor die V.S.A. van die Atlantiese na die Stille Oseaan. Hy het belangrike werke op die termioniese klep gedoen waaroor hy ook die standaardteksboek geskryf het.

In 1920, toe hy deur die Unieregering die pos as Tegniese Adviseur vir Nywerheidsontwikkeiing aangebied is, het hy na Suid-Afrika teruggekeer. Een van sy take was om die Elektrisiteitsvoorsieningskommissie (EVKOM) te organiseer waarvan hy dan ook voorsitter was. Die organisasie van die S.A. Yster en Staal Industriële Korporasie (YSKOR) is ook aan hom opgedra en hy was jare lank voorsitter, asook van AMKOR en ander maatskappye. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was hy Direkteur-generaal van Oorlogsvoorrade. Hy het baie oorspronklike navorsing gedoen en het ook baie oor wetenskaplike onderwerpe geskryf. Op 2 Desember 1948 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van Den Heever, Christian Maurits
Volgende onderwerp: Vanderbijlpark
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:01:24 MGT 2024