Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van Den Heever, Christian Maurits
Van Den Heever, Christian Maurits [boodskap #124338] Vr, 18 Januarie 2019 17:28
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Christian Maurits van den Heever was 'n Afrikaanse romaskrywer, digter en taalkenner. In 1902 op Norvalspont, Kaapland, gebore. Hy ontvang onderrig in Bloemfontein en Utrecht, Holland. Was ’n tyd lank onderwyser en sluit later aan by die Staatsdiens. Hy dien op die redaksies van die Landbouweekblad en Die Volksblad in Bloemfontein. Nadat hy sy graad in Holland ontvang het, word hy lektor in Nederlands en Afrikaans aan die Grey Universiteitskollege, Bloemfontein. Daarna word hy professor in Afrikaans aan die Universiteit van die Witwatersrand. Sy letterkundige werk sluit in sommige van die beste romans wat in Afrikaans geskryf is, veral Somer, asook gedigte en die standaardbiografie van generaal J.B.M. Hertzog. Oorlede in 1957.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van Den Bos, Dr. Willem Hendrik
Volgende onderwerp: Van der Bijl, Dr. Hendrik Johannes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:37:52 MGT 2024