Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van Den Bos, Dr. Willem Hendrik
Van Den Bos, Dr. Willem Hendrik [boodskap #124337] Vr, 18 Januarie 2019 17:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Willem Hendrik van den Bos was 'n Suid-Afrikaanse sterrekundige. Op 25 September 1895 in Rotterdam, Holland, gebore. In 1925 verwerf hy sy doktorsgraad in Leyden en kom direk daarna na die Uniesterrewag in Johannesburg. In 1927 word hy aangestel as hoof-assistent en in 1941 as Unie-sterrekundige, ’n pos wat hy tot sy aftreding beklee het. Hy was een van die wêreld se leidende deskundiges oor dubbelsterre en was president van die Kommissie vir die studie daarvan, wat deur die Internasionale Sterrekundige Unie aangestel is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vandeleur, Generaal Sir John Ormsby
Volgende onderwerp: Van Den Heever, Christian Maurits
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:50:57 MGT 2024