Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van de Graaff, Cornelis Jacob
Van de Graaff, Cornelis Jacob [boodskap #124335] Vr, 18 Januarie 2019 17:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Cornelis Jacob van de Graaff was die Goewerneur van die Kaap. In Holland gebore en kom in 1785 saam met sy gesin hier aan as opvolger van Van Plettenberg. Ten spyte van sy militêre aansien was Van de Graaff rojaal en taktloos, wat veral onvanpas was vanweë die heersende finansiële moeilikhede. Daar was baie klagtes en in 1791 word hy teruggeroep, maar as dit nie was vir sy vriendskap met die Stadhouer nie, sou hy ontslaan gewees het. Hy word hoofsaaklik onthou omdat ’n nuwe distrik en dorp in die ooste van die Kolonie in 1785 Graaff-Reinet genoem is ter ere van hom en sy vrou, Reinet.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Van Bruggen, Jochem
Volgende onderwerp: Vandeleur, Generaal Sir John Ormsby
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:01:31 MGT 2024