Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Van Blokland, Jonkheer Gerard Theodoor Beelaerts
Van Blokland, Jonkheer Gerard Theodoor Beelaerts [boodskap #124333] Vr, 18 Januarie 2019 17:21
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jonkheer Gerard Theodoor Beelaerts van Blokland was 'n Transvaalse diplomaat. In 1843 gebore en stam uit ’n ou Hollandse adelfamilie. Sy vader, F.A.W. Beelaerts van Blokland was een van die vroeë vriende van die Voortrekkers. Van Blokland jnr. het ’n prokureur geword en ’n lid van ’n komitee vir die insameling van fondse om die Boere in die Suid-Afrikaanse Republiek te help. In 1883 het hy die afgevaardigdes wat na Londen toe is om die Pretoriase Konvensie te hersien, ontmoet, en hulle as regsadviseur bygestaan. In ruil is hy in 1884 aangestel as Minister van die Suid-Afrikaanse Republiek vir Duitsland, Frankryk en Portugal en het die amp, sonder vergoeding, tot sy dood toe beklee. In 1887 word hy Regerings-kommissaris in Europa op die Raad van die Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy. In 1897 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vanadium
Volgende onderwerp: Van Bruggen, Jochem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:39:09 MGT 2024