Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vaalrivier
Vaalrivier [boodskap #124324] Vr, 18 Januarie 2019 14:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Vaalrivier is die belangrikste takrivier van die Oranjerivier. Dit ontspring in Suidoos-Transvaal naby die Klipstapelberg en is omtrent 700 myl lank. Die naam is afgelei van sy gelerige vaal kleur. Dit is van groot nywerheidsbelang en voorsien in die behoeftes van die hele Witwatersrand, ’n groot deel van die Oranje-Vrystaat en baie ander gebiede. Die Vaalrivier is ’n belangrike besproeiingsbron (sien Vaalharts-besproeiingskema). Onder sy takriviere is die Wilge-, Renoster-, Vals-, Vet-, Riet-, Harts-, Mooi-, Sand- en Watervalrivier. Die oorspronklike naam wat deur die Khoikhoi (Hottentotte) aan die Vaalrivier gegee is, is Ki-Gariep wat Geelrivier beteken.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vaalpens
Volgende onderwerp: Vakbond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:23:54 MGT 2024