Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vaalharts-Besproeiingskema
Vaalharts-Besproeiingskema [boodskap #124322] Vr, 18 Januarie 2019 14:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Vaalharts-Besproeiingskema is die grootste onderneming in sy soort suid van die Ewenaar, 50 myl benoorde Kimberley by die samevloeiing van die Vaal- en die Hartsrivier. Die skema is deur Cecil John Rhodes beoog maar dit was eers in 1934 dat die magtigingswet goedgekeur is. Veertien myl onderkant die samevloeiing van die Vaal- en Wilgerivier het dit ’n opgaardam wat nagenoeg 700,000 akkervoet water kan hou en beslaan nagenoeg 50 vk. myl. Die vernaamste uitkeervoor is omtrent 3 myl bokant Warrenton. Die totale kanaalstelsel is meer as 300 myl lank. Teen die 1960's was amper 90,000 acres reeds onder besproeiing en nagenoeg 200,000 acres is deur die 1,200 besproeiingsboere gebruik vir weiveld. Die onderneming was so suksesvol dat die gemiddelde jaarlikse bruto-inkomste van elke boer destyds nagenoeg R2,600 was. Grondboontjies en koring tel onder die belangrikste gewasse.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vaaldam
Volgende onderwerp: Vaalpens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:46:09 MGT 2024