Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Uys, Pieter Lafras
Uys, Pieter Lafras [boodskap #124318] Vr, 18 Januarie 2019 14:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Pieter Lafras Uys was 'n Voortrekkerleier, in 1797 naby Uitenhage gebore. Nadat hy die grootste deel van sy vroeëre leeftyd aan die grens geboer het, het hy in 1837 by ’n geselskap van 150 Trekkers aangesluit wat deur sy vader, Jacobus Uys, gelei is. Later het Pieter Uys ’n prominente rol gespeel in die beplanning van die vroeëre regering van die Trekkers en om hulle oor te haal om Natal binne te gaan. Terwyl hy op 11 April 1838 teen die Zoeloes geveg het — na die moord op Piet Retief — is hy en sy geselskap by Italeni omsingel. Sy seun, Dirk het dit gesien en teruggegaan om hom te hulp te snel. Albei is gedood.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Uvongo
Volgende onderwerp: Vaalbos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:53:19 MGT 2024